Go to content

Biografie

Mariska is 'n sewentienjarige Afrikaanse musiek kunstenaar van Hoedspruit, Limpopo. Op vyf jarige ouderdom het sy reeds begin om haar familie te vermaak met haar sang talent. In 2005 het sy formele sang onderrig ontvang van die bekende gospel sangeres Lisbe Visser. Sy sing graag ligte Afrikaans en Engels en ook Gospel musiek

Sy is tans besig om aan haar eerste album te werk wat vroeg volgende jaar op die rakke sal wees. Die bekende liedjie skrywer en sanger Anton Botha, skryf al die snitte op haar cd. Die liedjies is almal afrikaans en baie uniek.

Musiek is lankal reeds deel van Mariska se lewe en toekomsdrome en sy ontvang alreeds die afgelope 12 jaar klassieke musiek onderrig in klavier en viool. Sy het onlangs ook die kitaar bemeester. Ander belangstellings is ballet, moderne danse en latynse danse. Sy glo dat sy tot alles instaat is met behulp van haar Skepper en dat harde werk die sleutel is tot sukses. Mariska beplan om binnekort die hele Suid -Afrika aan die praat te hê!

Haar toekomsplanne is om 'n BA Hon graad te verwerf in kontemporêre musiek met spesialisaring in sang en kitaar en die voltooiing van haar lisensiaat in viool en klavier. Hierdie jong kunstenaar staan voorwaar aan die begin van 'n belowende toekoms in die sangbedryf in Suid Afrika.


Back to content | Back to main menu